Ouers moet skoolgeld verseker – Liberty

Ouers moet skoolgeld verseker – Liberty

Onderwys is so duur dat dit noodsaaklik is dat ouers dit ver­seker.
Henk Meintjes, hoof van ont­wikkeling van risikoprodukte van Liberty, het gister op die maatskappy se voorlegging van sy eisstatistieke vir 2017 in Braamfontein, Johannesburg, gesê relatief min mense verse­ker skoolgeld afsonderlik onder hul lewensdekking, en tog het Liberty in 2017 reeds meer as R6 miljoen regstreeks aan on­derwysinstellings betaal.

Voltooi dié lys voor julle intrek

Voltooi dié lys voor julle intrek

Deur: Neesa Moodley Sommige mense dink dalk om saam in te trek is sommer niks, maar daar is tog ’n paar dinge om te oorweeg. Julle gaan nou al ’n ruk lank uit en is nog nie heeltemal gereed om te trou nie, maar is wel seker julle wil graag saam woon. Om verskeie redes kan dit sinvol wees, onder meer die finansiële voordele wat dit het om een eerder as twee huishoudings te hê. Maar voordat julle saam intrek en jul bates saamvoeg, moet julle dit oorweeg om ’n saamwoonooreenkoms op te stel. Dit sorg nou nie juis vir die mees romantiese gesprek nie, maar so ’n ooreenkoms bied aan albei finansiële beskerming as jul reelings dalk nie heeltemal verloop soos julle gehoop het nie. ’n Wetlike ooreenkoms sal sake soos jul regsverpligtinge en eiendomsbesit dek. As julle byvoorbeeld ’n woonstel koop en dit saam meubileer, hoe gaan julle dit verdeel as jul verhouding nie uitwerk nie? Sake wat in jul saamwoonooreenkoms aandag moet kry: Hoe jul bates verdeel gaan word as julle uitmekaar gaan of een van julle te sterwe kom Moet een van julle die ander finansieël onderhou tydens die verhouding of wanneer dit beëindig word? Hoe word skuld hanteer – is elke party vir sy eie skuldverpligtinge verantwoordelik of word dit gedeel? Verkryging van vaste eiendom – gaan julle dit om die helfte besit? As julle die eiendom besit waarin julle woon, wat word daarvan as julle uitemekaar gaan of een van julle sterf? ’n Omskrywing van minderjarige kinders se onderhoud, toesig en besoekregte. Bepaling van die reg om as voog op te tree ingeval...
Basic excess increase from 1 April 2017

Basic excess increase from 1 April 2017

Reminder to inform new clients of the increase in the basic excess from 1 April 2017 We recently communicated an increase to the vehicle basic excess, which is as follows: Essential and Dynamic Plans: R3 800 Executive and Classic Plans: R3 500. Please note that all Plans will reflect the new excess on the Plan Schedule as of 1 April 2017. The Excess Annexure and Benefit Limit Annexure attached to the schedule will be updated as of 1 April 2017. These documents are also available on the Financial Adviser Zone on www.discovery.co.za. Please remember to make all your clients aware of the new excess as this is what they will need to pay if they have a claim from 1 April...