Polis kan jou skuld dek, maar daar is vangplekke

deur Nico van Gijsen

Kan hy van iemand wat by hom geld leen vereis om ‘n polis aan hom te se­deer weens die risiko wat hy loop, vra ‘n leser.

Ter wille van die breër lesersgroep kyk ek sommer ‘n bietjie wyer na die onderwerp.
As jy skuld aangaan, byvoorbeeld by ‘n bank of enigeen anders, wil die skuldeiser, as hy ‘n halwe brein het, daardie skuld verseker. Kortom, hy wil seker maak hy kry sy geld en daarom word in die meeste gevalle vereis dat leners ‘n polis uitneem. Sou die lener sterf, of ongeskik raak, is die skuldeiser dan verseker van sy geld.

Eers net kortliks, as jy die lener is: Jy kan ‘n polis by ‘n versekeraar van jou keuse uitneem. Jy hoef dit nie by die skuldeiser uit te neem nie. Jy kan selfs ‘n polis wat jy reeds besit, aan die skuldeiser sedeer.

As jy die uitlener is, kan jy vereis dat die lener sy skuld met ‘n polis dek. Dit maak net goeie geldsin. Anders gestel, dis vrek dom om dit nie te doen nie.
Daar is twee tipes sessies. Die een is ‘n uit-en-uit-sessie en die ander ‘n se­kuriteitsessie (in securitatem debiti).

In die eerste geval sedeer jy die polis finaal, die ander persoon neem eie­naarskap van die polis en kan selfs sy of haar eie begunstigdes aanstel. Dit is wat ek sal voorstel vir iemand wat by­voorbeeld ‘n polis aan ‘n kind wil oor­dra. Die kind betaal dan die premies en word die nuwe eienaar van die polis.
Met ‘n sekuriteitsessie betaal die po­lis in geval van sterfte of ongeskiktheid aan die skuldeiser, maar net tot die be­drag van die uitstaande skuld. Die res moet aan die boedel uitbetaal. ‘n Risi­ko vir skuldeisers is waar daar terself­dertyd ‘n begunstigde benoem is. Die skuldeiser se reg is niks sterker as die van die begunstigde nie. Maak dus se­ker dat jou lener enige begunstigde-be­noeming herroep.

Jy word in werklikheid die nuwe eie­naar van die polis (tot die waarde van die uitstaande skuld). As daar ‘n kon­tantwaarde op die polis is en sou die lener agterstallig raak, kan jy as skuld­eiser die polis laat uitbetaal.
Maak ook doodseker dat die versekeraar ingelig is oor die sessie.
En dan is daar die kwessie van boe­delbelasting met so ‘n polis. Alle polis­se op ‘n mens se lewe word by die dood in jou boedel opgeneem en is on­derhewig aan boedelbelasting.

Die vangplek hier, soos ek dit sien, is dat sou boedelbelasting betaalbaar wees, jy ‘n deel van jou geld wat jy uit die polis verkry het aan boedelbelas­ting kan afstaan. Dit is omdat bevoor­deeldes van polisse pro rata verant­woordelik is vir die boedelbelasting wat die polis trek.
Anders gestel, jy as skuldeiser loop die risiko om tot 20% van jou geld uit die polis aan boedelbelasting te moet betaal.
Jy sal sekerlik ‘n eis by die ekseku­teur kan indien vir die uitstaande skuld, maar dan gaan jy in die ry moet staan saam met al die ander skuldei­sers, Jan Taks en so meer. En mense wat geld moet leen, is gewoonlik nie die mees likiede spesie op aarde nie.

Nico van Gijsen, ‘n gesertiflseerde fi­nansiele beplanner en belastingpraktlisyn, is besturende direkteur van Finlac en ‘n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met Jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of ni­co@finlac.com; Twitter: @Nlcovangijsen

Vir meer inligting kontak Ginsburg Financial Services.