Só kies jy n goeie finansiële adviseur

Deur David van Rooyen

Baie mense het al n stel afgetrap met onbekwame, onverantwoordelike of gewetenlose makelaars of finansiële adviseurs en daarom is dit belangrik om ‘n finansiële adviseur met groot omsigtigheid te kies.
Strenger regulering oor die optrede van makelaars maak dit deesdae makliker om so n keuse te doen. Daar is nou baie bronne waar ‘n potensiële makelaar se vaardighede en etiek nagegaan kan word.
Volgens die Vereniging vir Finansiële Tussengangers (FIA) behoort die eerste oorweging te wees dat die persoon lid is van n professionele organisasie, soos die Instituut van Finansiële Beplanners (FPI, fpi.co.za). Makelaars wat lede is van sulke organisasies verbind hulle tot ‘n streng gedragskode, wat spesifiek daarop gemik is om die verbruiker se belange te beskerm.
FPI-lede moet n strawwe toelatingseksamen skryf, wat verseker dat sulke makelaars oor hoë vlakke van kundigheid beskik.
Dit is ook noodsaaklik om seker te maak ‘n makelaar is by die Raad op Finansiële Dienste (RFD) gerigestreer en glisensieer. Dit is baie maklik om dit sommer self na te gaan op fsb.co.za.
Alle makelaars word ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (Fais) verplig om by die RFD te registreer en moet ook n toelatinngseksamen skryf. Die eksamen toets die kandidaat se kennis oor die regulatoriese omgewing (dus wat hy mag en nie mag doen nie) en ook sy kennis oor die produkte wat hy glisensieer is om te mag verkoop. ‘n Makelaar mag kliënte nie oor produkte adviseer of dit verkoop as hy nie gelisensieer is om dit te doen nie.

finansiele adviseur
Die RFD kan optree teen adviseurs – deur byvoorbeeld hul registrasie op te skort of hulle na die ombudsman te verwys – as hulle strydig met die wet optree of kliënte te na kom. Gaan dus eers n makelaar se dissiplinêre rekord na voordat hy of sy aangestel word.
Alle tussengangers is verplig om hul volledige werkgeskiedenis en kwalifikasies aan voornemende kliënte beskikbaar te stel.
Die finansiële adviseur moet onder meer verklaar oor watter kwalifikasies hy beskik, waar hy al gewerk het, hoe lank hy al in die bedryf is en watter produkte hy mag verkoop.
Dit is ook n goeie idee om by ‘n paar van die makelaar se huidige kliënte oor sy vermoëns en etiek navraag te doen. As hy of sy nie gemaklik is daarmee nie, is dit n aanduiding om eerder weg te bly.
In die lig van nuwe ontwikkelinge in die finansiëledienstebedryf is dit ook noodsaaklik om te weet hoe die makelaar sy geld verdien. Word hy vir sy advies betaal of verdien hy ‘n inkomste uit die kommissie op die produkte wat hy verkoop? Daar is ‘n gevoel dat daar moontlik n botsing van belange kan ontstaan as ‘n tussenganger die grootste deel van sy inkomste uit kommissie op produkte verdien.
Dit kan daartoe lei dat hy eerder produkte verkoop waarop hy baie kommissie verdien as produkte wat in die kliënt se beste belang is. Die rede waarom makelaars die afgelope paar jaar so besig was om twyfelagtige beleggingskemas onder die publiek te bemark, is juis omdat die skemas sulke hoë kommissies betaal het.
Adviseurs wat eerder ‘n professionele tarief vra, sal produkte kies wat in hul kliënte se beste belang is, ongeag die kommissie wat hulle daarop kan verdien.
Daar word juis nou voorstelle oorweeg wat sal verhinder dat makelaars kommissie op enige beleggingsprodukte mag ontvang, wat hulle sal dwing om eerder geld vir hul advies te vra.

Kontak Ginsburg Financial Services vir meer inligting.

Call Now Button